Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Kids

Don’t let anyone look down on you because you are young, but set an example for the believers in speech, in conduct, in love, in faith and in purity.

1 Timothy 4:12

Visie: Om God te sien regeer in 12 stede.

Personeel: Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan. Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied. As jy wil deel raak kontak vir Zirkea: [email protected]

VOORSKOOL

By Doxa Deo Kids poog ons om elke kind op sy vlak te bedien. Ons besef dat ons besig is om hierdie kinders se konsepte oor God en Sy kerk te vorm en daarom wil ons hulle help om God en Sy hart op ‘n prettige manier te leer ken. Ons leer hulle op ‘n kreatiewe manier om die Bybel relevant in hulle lewens te maak.

Ons passievolle personeel beskou dit as hulle roeping om die kinders weekliks vanuit ons vooraf uitgewerkte kurrikulum te bedien.

Ons klasse word as volg ingedeel:

Peuters (2 en 3 jariges) – Hasieklas

Kleuters (4 en 5 jariges) – Skapieklas

Graad R (6 jariges) – Apieklas

Graad 1 (7 jariges) – Leeutjieklas

 

GRAAD 2-5

Ons graad 2-5’s word in een groot groep bedien omdat ons elke ouderdomsgroep se behoeftes en manier van dink en redeneer in ag neem wanneer ons met hulle gesels oor God.

Ons gebruik baie pret en speletjies in ‘n groot groep aanbieding waar ons fokus op God se liefde en genade. Ons spandeer ook lekker tyd in kleingroepe volgens hul ouderdomsvlakke, waar die kinders gesels oor hoe die kerngedagte prakties in hul lewens lyk.

Dit is vir ons belangrik dat kinders op hierdie ouderdom sal leer hoe om mense lief te hê soos wat God ons liefhet en mense sal bedien vanuit daardie perspektief.

Een van ons belangrikste fokusse is lof en aanbidding. Ons aanbidding is energiek en relevant, maar ook ñ wonderlike geleentheid om ons fokus op God te plaas. Dis wel vir ons belangrik dat ons kinders leer dat aanbidding nie net oor sing en spring gaan nie, maar dat dit ook ñ leefstyl moet wees.

Verhoudings is vir ons ontsettend belangrik, daarom het ons passievolle leiers wat lief is vir die Here, wat as mentors optree en weekliks ñ inspraak lewer in ons kinders se lewe. Dis vir ons belangrik dat ons kinders onvoorwaardelik geliefd en welkom sal voel hier by Doxa Deo Kids.

Ons begeerte is ook dat dit wat op ñ Sondag gebeur nie die enigste plek sal wees waar hulle die boodskap hoor nie, maar dat dit in die week by die huis ook ge-eggo sal word. Ons wil graag ons gesinne bemagtig om die boodskap wat weekliks by die kinderkerk geleer word, verder te kan vat en ook by die huis dieper daarin te delf. Ons wil graag optimale invloed in ons volgende generasie bewerkstellig.

 

GRAAD 6 EN 7

Ons besef by Doxa Deo Kids dat graad 6&7 kinders op so ‘n belangrike plek in hul ontwikkeling is dat ons nie anders kan as om hulle apart te bedien vir hulle spesifieke behoeftes nie. Ons weet dat hierdie ouderdom kind aan die beginpunt staan van sy soeke na die antwoord vir die vraag “Wie is ek?”.

Daarom fokus ons intensioneel by ons graad 6&7 bediening op identiteit. Ons aanbieding is ook van so aard dat ons kinders wil help om die Waarheid vir hulself te ontdek, daarom bied ons ons lesse op ‘n interaktiewe, “pre-teen” relevante, prettige manier aan. Wanneer jou graad 7 kind die volgende fase van sy lewe naamlik “tiener” betree wil ons hê hulle moet die volgende weet: Ek weet wie God is en ek weet wie ek is, daarom kan ek ‘n verskil in my leefwêreld gaan maak.

 

 

EVENTS

Kyk uit vir die volgende “events” wat jaarliks deur Doxa Deo Kids aangebied word.

Gr 1-3 “Worship” Aand

Hierdie is ñ aand van sing en dans met ñ fokus om te ontdek wat die hart van aanbidding werklik is.

Speletjies aande: Gr. 1-3 en Gr. 4-7

Hierdie is ñ aand van pret, speletjies en skaterlag. Op so ñ geleentheid is ons fokus verhoudingbou tussen maats en personeel.

Gemeentekamp

Doxa Deo Kids bedien kinders op hul spesifieke ouderdomsvlak tydens die sessies wat aangebied word.

“Lovebox” uitreik

Doxa Deo Kids vorm deel van ons jaarlikse “Christmas Wishlist” deur ons kinderbediening deel te maak van die “Lovebox” projek wat vir minder bevoorregte kinders ñ geskenkboksie pak.

“Sleepover”

Dit bestaan uit ñ aand van wakker bly, kuier, eet, fliek, speletjies speel, lag en verhouding bou tussen kinders en personeel.

“The Move”

The move vind plaas op ñ Sondag in die laaste kwartaal van die jaar tydens al ons dienste. Gedurende hierdie geleentheid skuif ons Gr1 kinders na ons Gr 2-5 bediening, ons Gr5’s skuif na ons Gr6&7 bediening en ons Gr 7’s skuif na ons tienerbediening Fusion.

“Becoming a lady”

Hierdie is ñ kursus vir Gr 7 dogters en hulle pappas. Dit is ñ geleentheid van ñ leeftyd vir elke pa om ñ kwaliteit verhouding met sy dogter te bou. (Meer inligting is by ons toerustings bladsy)

“Training for reigning”

Hierdie is ñ kursus vir Gr 7 seuns en hulle pappas. Dit is ñ geleentheid van ñ leeftyd vir elke pa om ñ kwaliteit verhouding met hulle seun te bou in hulle groei van seun tot manwees. (Meer inligting is by ons toerustings bladsy)

“Kids Celebration”

Hierdie is ñ “Worship event” slegs vir graad 4-7 kinders. Dis ñ aand van passievolle aanbidding met ñ ouderdomsgerigte boodskap.

Hou ons kalender dop vir ons volgende geleentheid

 

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Zirkea: [email protected]

Praat met Ons