Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Meer Oor

Midstream

Campus

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

OUDITORIUM  | 07:45, 9:15, 10:30 (Eng) & 18:00
AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Sondag Dienstye

Oggenddienste

07:45

09:15

10:30

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Afrikaans

Engels

AANDDIENSTE

18:00

AANBIEDING TAAL

Engels

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv. ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korintiërs 3:9 dat ons medewerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak gerus die kampus en skakel in by ons Nuwe Vennote proses.

  • Kliek op die ‘praat met ons’ blokkie
  • Stuur ‘n e-pos aan Marietjie
  • Kontak die kerkkantoor: 010 590 5902 

Ons Personeel

By Doxa Deo is jy deel van ‘n familie. Ons span kan nie wag om saam met jou te kuier nie. 

Ons Span

Johan & Charmaine Poggenpoel

Kampus leier | Besigheidsbediening | Johannesburg Stadsleier | Vrouebediening

Annelize & Gerhard Engelbrecht

Afrikaanse Bedieningsleier | Opleiding

Johann & Anja Hugo

Engelse Bedieningsleier | Mannebediening

Christian du Plooy

Multi Media | Aanbidding

Chanéll & Eduan Naudé

Grafiese Ontwerp | Kommunikasie

Adriaan van zyl

IT | AV

Zirkea Stander

Doxa Deo Kids | TREE

Suretha van der Merwe

Doxa Deo Kids | TREE

Vanwouw & Liznari de waal

Fusion | Jong Volwassenes | Aanddiens | TREE

JP Myburgh

Fusion | TREE

Dalene Stroebel

Bestuur

Marietjie Beckmann

Bedieningsondersteuning

Anèl & Francois de Wit

Bedieningsondersteuning

Aletta & Marius Zaayman

Bedieningsondersteuning

Robbie & Sarie Watt

Senior Bediening

Praat met Ons