Fusion
Tiener lewe is vir ons die belangrikste deel van elke individu se lewe, want dit is in hierdie jare waar jy die meeste geestelik, emosioneel en fisies groei. Fusion is ‘n plek vir elke hoërskool leerder tussen 13 – 18 jaar oud en ons wil ‘n plek skep waar ons elke tiener “fuse” met God deur ‘n spasie te skep van aanbidding, woord en kuier.
"When Jesus heard this, He was amazed and said to those who were following Him, “I tell you truthfully, I have not found such great faith [as this] with anyone in Israel"
‘N GENERASIE MET ‘N STERK FONDASIE
FUSION DISSIPELSKAPSPROSES
Ons CITY YOUTH groepe op Sondae (08:00, 09:15 en 10:30) is waar geloof prakties word. Deur diepgaande besprekings, sterk gemeenskap en mentorskap van toegewyde Fusion-leiers help ons tieners om God se woord toe te pas in hul daaglikse lewe. CITY YOUTH is ‘n jaarproses waar ons die ontdekkingsproses binne elke tiener fasiliteer.
FUSION AANDDIENSTE
Elke Sondagaand om 17:00 in die Ouditorium skep ons ‘n atmosfeer waar tieners God op ‘n dinamiese manier kan ervaar. Kragtige aanbidding, lewensveranderende boodskappe en ‘n familie van geloof bring jongmense bymekaar om te groei en ‘n verskil te maak.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA
Bly op datum met wat by Fusion gebeur! Volg ons op Instagram (@fusion\_msk) en Facebook vir toekomstige gebeure en hoe ons besig is om ‘n impak te maak!
Vir enige ander kommunikasie kontak vir Danie: [email protected]