Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Fusion

Tiener lewe is vir ons die belangrikste deel van elke individu se lewe, want dit is in hierdie jare waar jy die meeste geestelik, emosioneel en fisies groei. Fusion is ‘n plek vir elke hoërskool leerder tussen 13 – 18 jaar oud en ons wil ‘n plek skep waar ons elke tiener “fuse” met God deur ‘n spasie te skep van aanbiddingwoord en kuier.

"When Jesus heard this, He was amazed and said to those who were following Him, “I tell you truthfully, I have not found such great faith [as this] with anyone in Israel"

wat alles gebeur

Fusion glo in Tribes en ‘n Tribe is ‘n groep van mense wat saam lewe doen, saam groei in hulle verhouding met die Here en saam lewe aandurf!  ‘n Tribe word gelei met die doel van dissipelskap!

TRIBES

In ons Sondae dienste 08:15/ 10:00 glo ons sterk daarin om steeds groepslewe in die boodskap te betrek. Hier het ons gewoonlik besprekings na die boodskap in groepies wat gelei word deur ons Fusion leiers.

Ons het ook aanddienste “Clear Cut” in die ouditorium waar tieners en “young adults” saam smelt 18:00.

SOCIALS/KUIER

Elke maand is daar ’n groot social waar ons as groep saam kuier en lewe saam geniet. Maak graag kontak met ons om te hoor waar ons volgende gaan.

SOSIALE MEDIA

Volg ons op sosiale media – Instagram (fusion_msk) / Facebook– om meer te sien van ons Fusion kultuur, wie ons is en waarmee ons besig is!

Vir enige ander kommunikasie kontak vir VanWouw: [email protected]

Praat met Ons