Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

Nuwe lewensseisoen

KINDERTOEWYDING

Vir elke ouer is hierdie ‘n geleentheid om hul kinders toe te wy soos wat Jesus toegewy is (Luk 2:42). Tydens hierdie geleentheid lê ouers ‘n belofte af om in verhouding met die Here vir hulle kinders ‘n voorbeeld te wees van wie Christus kan wees vir hulle. Stuur ‘n e-pos vir Marietjie Beckmann indien jy jou kind wil toewy aan die Here.

DOOP

“Gaan dan heen, maak dissipels ….  doop hulle in die Naam van Jesus ……” Matt 28:19  Hierdie is die woorde van Jesus.  Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus. Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood, begrafnis en opstanding. Stuur ‘n e-pos vir Marietjie Beckmann indien jy gedoop wil word.

TROUE

Ons is opgewonde saam met jou vir hierdie nuwe fase in jou lewe. Verskeie van ons pastore is beskikbaar vir jou troue. Kontak Dalene Stroebel vir beskikbaarheid van pastore. Ons beste wense vir die beplanning van jou groot dag.

 

VERLOOF WAT NOU?

Verloof wat nou is n kursus wat ontwerp is om jou en jou huweliksmaat toe te rus vir n gesonde huwelik, asook n gebalanseerde lewe na die troudag. Ons praat oor onderwerpe soos die rol van die man en vrou, verhouding met jou familie, finansies en intimiteit.  Ons glo God het die huwelik geskep vir ons om te geniet, maar meer as dit, ook om hom daardeur te verheerlik. 

BEGRAFNISSE

Ons is hier om saam met jou deur hierdie moeilike dag te gaan. Saam met een van ons pastore kan ons jou help beplan aan die diens, keuse van Skrif, keuse van liedjies ens. Ons beraders is ook beskikbaar indien nodig. 

Kontak vir Dalene Stroebel.

Praat met Ons