kids
“Don’t let anyone look down on you because you are young, but set an example for the believers in speech, in conduct, in love, in faith and in purity.” -1 Timothy 4:12
Personeel: Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan. Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied. As jy wil deel raak kontak vir Suretha: [email protected]
VOORSKOOL
By Doxa Deo Kids poog ons om elke kind op sy vlak te bedien. Ons besef dat ons besig is om hierdie kinders se konsepte oor God en Sy kerk te vorm en daarom wil ons hulle help om God en Sy hart op ‘n prettige manier te leer ken. Ons leer hulle op ‘n kreatiewe manier om die Bybel relevant in hulle lewens te maak.
Ons passievolle personeel beskou dit as hulle roeping om die kinders weekliks vanuit ons vooraf uitgewerkte kurrikulum te bedien.
Ons klasse word as volg ingedeel:
Peuters (2 en 3 jariges)
Kleuters (4 en 5 jariges)
Graad R en 1 (6-7 jariges)
GRAAD 2-5
Ons graad 2-5’s word in een groot groep bedien omdat ons elke ouderdomsgroep se behoeftes en manier van dink en redeneer in ag neem wanneer ons met hulle gesels oor God.
Ons gebruik baie pret en speletjies in ‘n groot groep aanbieding waar ons fokus op God se liefde en genade. Ons spandeer ook lekker tyd in kleingroepe volgens hul ouderdomsvlakke, waar die kinders gesels oor hoe die kerngedagte prakties in hul lewens lyk.
Dit is vir ons belangrik dat kinders op hierdie ouderdom sal leer hoe om mense lief te hê soos wat God ons liefhet en mense sal bedien vanuit daardie perspektief.
Een van ons belangrikste fokusse is lof en aanbidding. Ons aanbidding is energiek en relevant, maar ook ñ wonderlike geleentheid om ons fokus op God te plaas. Dis wel vir ons belangrik dat ons kinders leer dat aanbidding nie net oor sing en spring gaan nie, maar dat dit ook ñ leefstyl moet wees.
Verhoudings is vir ons ontsettend belangrik, daarom het ons passievolle leiers wat lief is vir die Here, wat as mentors optree en weekliks ñ inspraak lewer in ons kinders se lewe. Dis vir ons belangrik dat ons kinders onvoorwaardelik geliefd en welkom sal voel hier by Doxa Deo Kids.
Ons begeerte is ook dat dit wat op ñ Sondag gebeur nie die enigste plek sal wees waar hulle die boodskap hoor nie, maar dat dit in die week by die huis ook ge-eggo sal word. Ons wil graag ons gesinne bemagtig om die boodskap wat weekliks by die kinderkerk geleer word, verder te kan vat en ook by die huis dieper daarin te delf. Ons wil graag optimale invloed in ons volgende generasie bewerkstellig.
GRAAD 6 EN 7
Ons besef by Doxa Deo Kids dat graad 6&7 kinders op so ‘n belangrike plek in hul ontwikkeling is dat ons nie anders kan as om hulle apart te bedien vir hulle spesifieke behoeftes nie. Ons weet dat hierdie ouderdom kind aan die beginpunt staan van sy soeke na die antwoord vir die vraag “Wie is ek?”.
Daarom fokus ons intensioneel by ons graad 6&7 bediening op identiteit. Ons aanbieding is ook van so aard dat ons kinders wil help om die Waarheid vir hulself te ontdek, daarom bied ons ons lesse op ‘n interaktiewe, “pre-teen” relevante, prettige manier aan. Wanneer jou graad 7 kind die volgende fase van sy lewe naamlik “tiener” betree wil ons hê hulle moet die volgende weet: Ek weet wie God is en ek weet wie ek is, daarom kan ek ‘n verskil in my leefwêreld gaan maak.