Apex
DIENSTE
Ons Young Adults neem aktief deel aan die aanddiens om 19:00, met die fokus om die krag van gemeenskap te beleef en geestelik toegerus te word sodat hulle ’n impak in die stad kan maak.
GROEPE
Woensdae van 19:00–21:00 kom ons by mekaar in ons groepe (life groups) om in die Woord te duik en dit ons lewensreis te laat vorm, terwyl ons saam die uitdagings van die lewe soos oorwinnings, struikelblokke, werk, universiteit en verhoudings hanteer. Die doel is om jong volwassenes te dissipel in al die oorgange van hul lewe sodat hulle God se hoër roeping vir hulle kan herken en uitleef.
AKTIWITEITSGROEPE
Ons het ’n aktiewe Young Adult gemeenskap wat weekliks of maandeliks saam deelneem aan verskeie aktiwiteite. Hierdie groepe bou gemeenskap rondom fiksheid en avontuur en sluit in ’n hardloopklub, padelklub en rotsklimklub.