Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

FUSION

By Fusion sal die aanbidding, Woord en die atmosfeer jou inspireer. Ons maak ook seker dat elke tiener in ‘n kleingroep ingeskakel word, sodat jy ‘n pad kan stap met ‘n groepleier en kan verhouding bou met ander in jou ouderdom.

As jy tussen die ouderdomme van 13 en 18 is, is Fusion net die plek vir jou waar jy gaan tuis voel met ander tieners wat saam Jesus volg.

‘N GENERASIE MET ‘N STERK FONDASIE 

By Fusion glo ons in die bou van ‘n onwankelbare fondasie vir elke tiener – ‘n lewe wat geanker is in waarheid, geloof en gemeenskap. Hier word jongmense bemagtig om hul roeping te ontdek en voluit vir Jesus te leef!
 

FUSION DISSIPELSKAPSPROSES

Ons CITY YOUTH groepe op Sondae (08:00, 09:15 en 10:30) is waar geloof prakties word. Deur diepgaande besprekings, sterk gemeenskap en mentorskap van toegewyde Fusion-leiers help ons tieners om God se woord toe te pas in hul daaglikse lewe. CITY YOUTH is ‘n jaarproses waar ons die ontdekkingsproses binne elke tiener fasiliteer.

FUSION AANDDIENSTE

Elke Sondagaand om 17:00 in die Ouditorium skep ons ‘n atmosfeer waar tieners God op ‘n dinamiese manier kan ervaar. Kragtige aanbidding, lewensveranderende boodskappe en ‘n familie van geloof bring jongmense bymekaar om te groei en ‘n verskil te maak.

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

Bly op datum met wat by Fusion gebeur! Volg ons op Instagram (@fusion\_msk) en Facebook vir toekomstige gebeure en hoe ons besig is om ‘n impak te maak!

Praat met Ons