Looking for Doxa Deo Midstream's English Site?

ONS
HART

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Om God te ken.
Mense lief te hê.
My wêreld te vernuwe.)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

ONS
GLO

VERKLARING VAN GELOOF

Wanneer jy op soek is na ’n nuwe kerk, is dit noodsaaklik om te verstaan wat Doxa Deo glo. Ons weet dat hierdie inligting jou as ’n nuwe besoeker sal help om ’n besluit te neem om deel te word van die Doxa Deo-familie.

VIND UIT WAT ONS GLO

WAAR &
WANNEER

Sluit by ons aan by een van ons dienste

SONDAE
08:00 & 09:15 – Afrikaans
10:30 – Engels

17:00 – Tienerdiens
19:00 – Aanddiens

 

DOXA DEO MIDSTREAM
AUDITORIUM

10 Chorges str, 
Midlands Estate, Centurion

AANLYN DIENSTE
Volg ons YouTube kanaal om ons aanlyn dienste by te woon.

Word 'N
VENOOT

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging:
 Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Kontak ons asseblief om by ons Nuwe Vennoot-proses aan te sluit. Maak seker jy neem daarna deel aan ons dissipelskap-programme. Ons gebed is dat jy jou plek sal vind en jou roeping in die liggaam van Christus sal vervul.

ONS
SPAN

JOHAN & CHARMAINE POGGENPOEL

Kampus Leier | Besigheids-bediening | Johannesburg Stadsleier | Vrouebediening

ANNELIZE & GERHARD ENGELBRECHT

AFRIKAANSE BEDIENINGSLEIER | OPLEIDING

JOHANN & ANJA HUGO

ENGELSE BEDIENINGSLEIER | MANNEBEDIENING

CHRISTIAN & MICHELISE DU PLOOY

MULTI MEDIA | AANBIDDING

CHANÉLL & EDUAN NAUDÉ

GRAFIESE ONTWERP | KOMMUNIKASIE

HENNO & ANNINE DU TOIT

JUNIOR AANBIDDINGSLEIER

VANWOUW & LIZNARI DE WAAL

GROEPSLEWE | BEDIENINGSLEIER

SURETHA VAN DER MERWE

DOXA DEO KIDS | TREE

NINA MERTZ

DOXA DEO KIDS | TREE

NÉHÉMIE & CASSANDRA MUNDUKU

JONG VOLWASSENSES | TREE

DANIE FOURIE

FUSION (TIENERS) | TREE

MONICA MARITZ

LIFE CENTRE

DALENE STROEBEL

BESTUUR

MARIETJIE & WILLEM BECKMANN

BEDIENINGS-ONDERSTEUNING

ALETTA & MARIUS ZAAYMAN

BEDIENINGS-ONDERSTEUNING

SONET & WESSEL VAN ZYL

BEDIENINGS-ONDERSTEUNING

LENKE & JAN LOCK

BEDIENINGS-ONDERSTEUNING

ROBBIE & SARIE WATT

SENIOR BEDIENING

TERENE & WILLEM DORMEHL

kleuterskool hoof

Praat met Ons