Seniors

Die Prime Time senior bediening is ‘n gemeenskap van individue oor die ouderdom van 60 wat ‘n begeerte het om voluit te leef en saam ‘n verskil te maak.

Ons is ‘n bediening wat omgee, waar jy tuis kan voel, en waar jy die potensiaal wat God in jou geplaas het kan uitleef. Ons reik ook op ‘n gereelde basis uit na aftree oorde en tehuise in ons omgewing.

Daar is ook ‘n Prime Time selgroep, waar jy saam met mede seniors sosiaal kan verkeer oor relevante lewensfase kwessies, en geestelik saam groei.  Hierdie selgroep kom op Woensdae om 18:30 bymekaar by Chris & Lourene Laubscher se huis.

Kontak Informasie

SENIORS

SENIORS KLEINGROEP

Chris & Lourene

083 494 6867

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Danelle Ellis: [email protected]

Praat met Ons