Life Centre

LIFE CENTRE NOODNOMMER: 081 883 4748

Die rede vir Doxa Deo Life Centre se bestaan is tweeledig: Aan die een kant is die Life Centre daar om vennote van Doxa Deo wat uitdagings in hulle lewe beleef, te ondersteun en te begelei tot genesing.  Aan die ander kant bied die Life Centre ‘n geleentheid om uit te reik na mense buite die kerk, wat nie meer weet waar om antwoorde te kry nie.

Die Life Centre beskik oor ‘n span opgeleide beraders, coaches en terapeute wat hulleself beskikbaar gestel het om die mense wat deur die Life Centre verwys word, te bedien. Daar is ook talle mense wat as ondersteuners opgelei is om mense by te staan wat deur ‘n moeilike tyd gaan.

SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individueel en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restorasie te beleef. SoulCare is om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef in ons identiteit in Christus.

SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.

Die Life Centre bied ook gereeld kursusse aan waartydens mense opgelei kan word as ondersteuners en beraders.

Kontak vir Geraldine as jy hulp nodig het of betrokke wil raak by die Life Centre

Kontak Informasie

SOUL CARE 

Geraldine Jacobs

[email protected]

Kontak gerus vir Geraldine by [email protected] vir meer inligting of skakel die kantoor by 081 883 4748

Praat met Ons