Die Young Adult-groep van Doxa Deo Langeberg bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.
Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Woensdagaand om 19:00.
Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar gemeenskap-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap, kontak gerus vir Garth Langeveld by [email protected]