Aanbidding Span
Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die Kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.
Daar is verskeie plekke waar jy betrokke kan raak: musiek, liedjie-skryf, poësie, drama, teaterkuns en film. ‘n Individuele oudisie en gesprek vind plaas sodat daar bepaal kan word hoe en waar jy as deel van die aanbidding- en kunstespan betrokke kan raak.
Oefeninge vind plaas op Donderdae van 19:00 tot 21:00. Tydens die geleenthede spandeer ons tyd in die Woord, kuier, bid saam en berei intensief musikaal voor vir Sondae se aanbidding.
Sangers en Musikante
Wie: | Sangers en Musikante |
Tye | Donderdae 19:00 – 21:00 (Verpligtend) |
Dien: | Tydens Sondag dienste en Events |
Kontak: | Colleen Taljaard |
Kontak ons om ‘n afspraak vir ‘n oudisie te maak. As jy die oudisie slaag, word jy dan deel van oefeninge op Donderdagaande. Daar sal ‘n een-tot-een gesprek wees. Na ‘n oefen periode van 6-8 weke sal jy op ons rooster ingedeel word vir bediening by ons dienste. |
Tegnies en Aanlyn
Wie: | Klank, Multimedia, Beligting, Kamera, Verhoog en Aanlyn |
Rol: | Bied ondersteuning vir alle events en dienste en oefen saam met Aanbiddingspan op Donderdae en Sondae. |
Oefentye: | Donderdae 19:00 – 21:00 |
Dien: | Tydens Sondagdienste en Events |
Kontak: | Stefan Ellis 079 528 4484 |
Get Connected: | Kontak ons en ons sal jou connect met die regte mense wat jou gaan help met opleiding indien nodig en verdere betrokkenheid. |
Kontak Informasie
WORSHIP
TEGNIES / LIVESTREAM
DANS
Chris-Zandri Lourens
Vir enige ander kommunikasie kontak vir Danelle Ellis: [email protected]