Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n bediening vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.
Hier leer ons op interaktiewe maniere, waar elke kind deel is van die les en leer proses. Dit is hier waar kinders liefde en aanvaarding ervaar en so ook die hart van Jesus leer ken.