Hartlik welkom by Doxa Deo Kameeldrift
Doxa Deo Kameeldrift, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondag dienste, kleingroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.
Tyd & Plek
: 08:00 & 10:00
:
Plot 229, Sefako Makgatho Rln (R513 Oos), Kameeldrift Oos, Pretoria
Sondag Dienste
Ons is ‘n unieke gemeente in die opsig dat ons drie dienste op ‘n Sondag hou wat intensioneel op elke ouderdomsgroep gefokus is. Ons oggenddienste is veral gewild onder gesinne met kinders asook ouer mense, terwyl ons aanddiens meestal deur jong volwassenes bygewoon word.
Demografie
Doxa Deo Kameeldrift is ‘n passievolle gemeente met ‘n lekker warm en ontspanne kultuur. Ons begeer dat mense hier ‘n plek van vriendskap en geestelike groei sal beleef wat jou sal oprig om hierdie stad in te kleur met God se waardes!
Wat Om Te Verwag
Ons is ‘n gemeente waar Volwassenes, Tieners en Kinders met volle oorgawe ontdek wie ons in God is en waaroor die lewe werklik gaan. Ons is ‘n gemeente wat graag met mekaar die lewe deel, daarom is dit ook belangrik om by ‘n groep in te skakel. Ons het ‘n passie vir God, ‘n passie om te sien hoe God in en deur mense werk en ons het ‘n passie vir ons omgewing en ons stad.
Hoe word ek 'n vennoot van Doxa Deo Kameeldrift?
Hoekom Vennootskap?
Oor Ons Span
Gemeente-wees is soveel meer as ons 3 dienste op ‘n Sondag. Ons fokus lê juis op ons verhouding met ons vennote / besoekers en die prosesse van groei, bou van fondasies vir individue / gesinne / families. Die missie van elke spanlid by Doxa Deo is om te sien dat elke mens ontdek hoe verhouding lyk met Christus, hoe om dit prakties uit te voer, hoe om mense te begelei in hierdie proses en so God se koninkryk te vestig waar individue geplaas is.