Lewensoomblikke

Ons glo God is deel van elke faset van jou lewe; in tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke faset van jou lewe raak te sien.

KINDERTOEWYDING

Vir elke ouer is hierdie ‘n geleentheid om hul kinders toe te wy soos wat Jesus toegewy is (Luk 2:42). Tydens hierdie geleentheid lê ouers ‘n belofte af om in verhouding met die Here vir hulle kinders ‘n voorbeeld te wees van wie Christus is vir hulle. Elke ouer het vrae en het ‘n behoefte om hulle kinders “reg” groot te maak. Daarom bied ons ‘n Ouerbeleggingskursus aan voor die Kindertoewyding plaasvind. Dit geskied oor 4 Sondae waarna die Kindertoewyding op die 5de Sondag plaasvind. Om aan te sluit by die volgende OUERBELEGGING geleentheid, stuur ‘n e-pos na [email protected]. Jy sal dan ‘n skakel ontvang om aanlyn in te skryf.

 
VERHOUDING MET GOD

Het jy onlangs ‘n oorgawe gemaak en Christus as jou verlosser en saligmaker aangeneem? Ons wil jou graag bemagtig in die pad vorentoe. Kliek hier na ons Groeiproses met middele wat jou sal begelei op jou nuwe lewensreis. Ons as Doxa Deo Kameeldrift span wil egter ook graag saam met jou die pad stap. Kontak ons kantoor vir ‘n afspraak met een van ons spanlede.

 
DOOP

“Gaan dan heen, maak dissipels ….  doop hulle in die Naam van Jesus ……” Matt 28:19.

Hierdie is die woorde van Jesus.  Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus.  Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood, begrafnis en opstanding. Kontak ons kantoor vir navrae aangaande ons volgende doopgeleentheid.

 

DOPING MET DIE HEILIGE GEES

Die dag van jou wedergeboorte het die Heilige Gees reeds in jou kom woon. Volgens die Bybel rus die Heilige Gees die Christelike gelowige toe met gawes. Die gawes van die Heilige Gees word saamgevat in 1 Kor 12 in die Nuwe Testament. Indien jy die doping met die Heilige Gees wil ontvang, kontak ons gerus by [email protected].

 

TROUE

Ons is opgewonde saam met jou vir hierdie nuwe fase in jou lewe.  Verskeie van ons pastore is beskikbaar vir jou troue. Ons beste wense vir die beplanning van jou groot dag. Kontak gerus vir ons kantoor vir beskikbaarheid van pastore, of om die Kerk (tent) te bespreek sou jy ‘n plek benodig vir jou spesiale dag.

 
BEGRAFNISSE

Ons is hier om saam met jou deur hierdie moeilike dag te gaan.  Saam met een van ons pastore kan ons jou help beplan aan die diens, keuse van Skrif, keuse van liedjies ens.  Ons beraders is ook beskikbaar indien nodig. Kontak: 012 808 9950 of [email protected]

Praat met Ons