Gasvryheidspan

Ons Gasvryheidsbedieningspan is ‘n klomp hartlike en gesellige mense wie se harte warm klop vir enige persoon wat ons Sondae dienste bywoon.  In hierdie bedieningspan is daar verskeie fasette waar mense hulle waarde kan kom toevoeg om hulle roeping uit te leef.

VERWELKOMING VAN EERSTE KEER BESOEKERS

Romeine 12:13:  “Help ander gelowiges wat swaarkry. Wees gasvry. Stel julle huise tot beskikking van gelowiges wat nie ‘n plek het om tuis te gaan nie”

Die 1ste keer besoekerstasie is die eerste kontakpunt wat mense het wanneer hulle Doxa Deo Kameeldrift vir die eerste keer besoek. Daarom is dit so lekker om leiers te hê wat met ‘n passie mense wil ontmoet en hulle wys waaroor Kameeldrift gaan, hoe hulle kan inskakel en/of antwoorde kry waarvoor hulle kom soek het. Ons wil hulle met gasvryheid ontvang en hulle laat tuis voel in ons huis.

VERWELKOMINGSPAN

Dit vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die verwelkomingspan neem dus eienaarskap en is verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang.

INFOTOONBANK

Ons sien geen navraag as ‘n administratiewe taak nie, maar eerder ‘n geleentheid waar ons mense kan help om antwoorde te vind vir die vraag wat hulle na die toonbank toe bring. Die Infotoonbankbediening is ons platform om mense te ‘connect’ aan die regte prosesse, kursusse of bedieninge.  Ons wil ook verseker dat enige vrae wat mense mag hê so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word. Dit is ook die plek waar soms kaartjieverkope hanteer word.  Indien jy geroepe voel om waarde in hierdie area toe te voeg, sal ons jou graag in hierdie bediening inskakel.

NAGMAALBEDIENING (Profetiese dekor)

1x per maand bedien ons nagmaal in ons gemeente. In hierdie bediening plaas ons die klem op die dekor op tafels wat volgens die preektema opgemaak word.  Vanuit ‘n vorige nagmaal het ons al woord ontvang, as gevolg van die profetiese uitdrukking wat hierdie bedieningspan ten toon gestel het.  Druk die Here op jou hart om in te koop in hierdie bediening en ook so een van jou talente uit te leef?

As jy graag by enige van die bogenoemde bedieninge wil deel raak, kontak vir Belinda by 012 111 7326 of [email protected]

Praat met Ons