WORD
Toegerus
OM VERANDERING IN JOU OMGEWING TE BRING
Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind. Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Kursusse om jou lewe te verryk
BECOMING A LADY
Becoming a Lady is ‘n 4-weke kursus vir Gr. 7 dogters en hulle ouers. Die fokus is op die uitdagings wat hierdie jong meisies beleef en die belangrike rol wat ‘n ouer in hierdie tyd speel ten opsigte van identiteitsvestiging. Dit help tot voorbereiding tot die jong dames se volwassenheid.
TRAINING FOR REIGNING
Training for Reigning is ‘n kursus vir alle Gr. 7 seuns en hul pa’s. Dit is ‘n geleentheid waar die pa’s in hulle seuns se lewens kan belê en die ontdekking van seun na man-wees saam stap. In die kursus fokus ons op die seun se emosionele, fisiese, asook geestelike groei.
OUERBELEGGING
Elke ouer het vrae en het ‘n behoefte om hulle kinders “reg” groot te maak. Daarom bied ons hierdie kursus aan en dit is ook die voorbereiding vir Kindertoewyding. Dit word oor 4 Sondagaande aangebied. Vir meer inligting, kontak [email protected]
RADIANCE
Radiance is ‘n unieke kursus vir studente en jong volwasse vroue van 18 tot 35. Ons bespreek onder andere identiteit, roeping, verhoudings en nog vele meer. Ons kom Woensdagaande (behalwe tydens skoolvakansies) om 19h00 tot 21h00 by Doxa Deo Kameeldrift bymekaar. Dis waar ons spesifieke temas hanteer en lekker in kleingroepe funksioneer:
WAARHEID… in die plek van leuens
HERSTEL…emosioneel en geestelik
SKEPPINGSDOEL…ontdekking of herontdekking
TOERUSTING…vir jou toekoms
Ons eindig in September met ‘n groot afsluitingsfunksie. Vir meer inligting, kontak Erika de Beer.
HUWELIKE EN VERLOOFDES
Die huwelik is ‘n instelling van God (Gen. 2: 18-25) en is ook ‘n model van ons verhouding met Jesus Christus (Ef.5:22-27).
… so ‘n driedubbele tou word nie gou verbreek nie. (Pred.4:12b)
By ‘n ‘Saam vir Jesus’ huweliksverrykings-kamp word pare gehelp met so ‘n verbintenis. Op ‘n veilige, vertroulike manier raak pare ontslae van die bagasie van die verlede en gee Jesus hulle kans vir ‘n splinternuwe begin.
Vir meer inligting aangaande die volgende huweliks- of verlowingskamp, kontak gerus vir Gilda by [email protected]
BEMOEDIGERSOPLEIDING
Hierdie Bemoedigersopleiding gee jou die basiese toerusting om mense deur hul krisistye te ondersteun – hetsy in bediening of in jou werksomgewing. Dit is egter nie beperk tot krisistye nie. Ons gee basiese riglyne wat jy kan toepas in enige een-tot-een situasie waar jy met ‘n persoon werk of bedien. Groepleiers en leiers van bedieninge gaan verseker baatvind hierby. Kontak Erika de Beer vir die volgende geleentheid.
CITY CHANGERS EQUIPPING PROGRAM
CCEP is ‘n 2-jaar seisoen van persoonlike groei. Dit bemagtig jou as “City Changer” om die uitkomste van Doxa Deo se Dissipelskapsproses te ontdek en toe te pas. Deur CCEP sal jy toegerus word om doeltreffend betrokke te kan wees in die verskeie bedieningsprosesse en leierskapstrukture van jou Doxa Deo Kampus of plaaslike kerk. Besoek gerus die webblad vir meer inligting: doxadeo.org/cci/