Groeplewe

Waarom groepe?

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net Sondag dienste. Mense in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe, waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Kleingroepe

Kleingroepe kom bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander. Ons vestig ook gereeld nuwe groepe om ruimte te skep dat mense gereeld en gemaklik ingeskakel kan word.

Ons het tans spesifike groepe vir volwasses, jong volwassenes en tieners.

Klik hier om ‘n vorm in te vul of kontak:

Volwassenes:
[email protected]

Jong Volwassenes:
[email protected]

Tieners (Fusion):

Belangegroepe

Belangegroepe vorm deel van ons Groeplewe en is ‘n spontane groepering van mense met gemeenskaplike belange. Ons begeer dat elke persoon in ons gemeente deel sal wees van so ‘n vriendekring. Hier is die verskeie groepe waar jy kan inskakel:

  • Tegnies Grondpad – 4 X 4
  • Wheels of Honour – motorfietse
  • Gone Fishing
  • Paradise Hikers – stapgroep
  • 5:55 Manne Skietklub
  • Gholf
  • Kampgroep
  • Doxa Deo Cycling Club
  • Home Grown – tuisskool

Sien jy nie die belangegroep waarin jy belangstel nie? Nou het jy die geleentheid om een te begin en ‘n City Changer te wees!

Om ‘n nuwe groep te begin of deel te raak van ‘n bestaande groep, kontak [email protected]

Uitreikgroepe

By Doxa Deo Kameeldrift glo ons dat die Here ‘n plan het met ons gemeenskap om die wat gebroke is heel te maak. Ons glo dat dit ons hele kerkfamilie se verantwoordelikheid is om na hierdie areas van gebrokenheid uit te reik.

G.I.R.L.- & Arrow Projek

Ons Cherish Vrouebediening en TREE Skolebediening vat saam hande om maandeliks selfsorgpakkies aan behoeftige skoolkinders te voorsien. Jy kan deel raak met verpakking, finansies of gebed. Kontak Riana Momberg.

Mercy Hands

Ons bedien met ‘n hart vol liefde dié wat oud en eensaam is by tehuise en ouetehuise. Kontak Wendy by 074 897 6644.

Threads of Hope

Die hart van die groep is om te gee aan die gemeenskap deur middel van naaldwerkprodukte asook om beanies, kombersies, serpe en baadjies te hekel of brei vir die Baby Box Project, Rock of Hope huis van veiligheid, Makhulong se kinders en Streetstores. Wolskenkings en materiaal is welkom. Kontak Elize van Zyl by 082 950 8781.

Broodjieprojek

Ons voorsien elke Donderdag toebroodjies vir behoeftige skoolkinders by Laerskool Die Poort. Jy kan deel wees van die span wat die broodjies smeer en verpak. Kontak Irene Haasbroek.

Polisie

Ons reik gereeld uit na ons plaaslike polisiestasie. Kontak Jan by 083 270 8328.

Vir enige ander navrae, kontak [email protected]

Praat met Ons