Life Centre

Connect

Coach

Care

Ons fokus nie slegs op seer nie, maar die VOORKOMING daarvan. Ons hart is ook om mense te bemagtig met die “hoe” om mense te ondersteun wat wel deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons begeerte is dat ons gemeenskap lewe en lewe in oorvloed kan beleef IN VERHOUDING met Jesus Christus as die Lewegewer. Verskeie prosesse, opleiding en werkswinkels word vanuit die Life Centre aangebied om in hierdie doel te slaag.

Ons Life Centre bied aan:

Bemoediging:

Dit bestaan uit vrywilligers wat ‘n hart het vir mense en ‘n passie vir versorging en herstel. Ons bemoedigers word toegerus om te dien in ‘n ondersteunende hoedanigheid. 

Berading:

Opgeleide vrywilligers sowel as geregistreerde beraders wat formele opleiding in berading ontvang het, dien in ‘n begeleidings-hoedanigheid. (Sluit in huwelike, kinders, tieners, verslawing, ens.) Beradingsessies word deur ons kantoor geskeduleer.

SoulCare:

SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individueel en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restourasie te beleef. Dit deel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef. Klik hier om ‘n sessie te bespreek.

Generosity:

Dit is ons gemeenskapsprojek wat spesifiek gemik is op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos of enige ander behoefte, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons kan kontak maak.

Gebeds- en hospitaal-bediening:

Indien jy ‘n gebedsversoek het, self hospitaal toe gaan of kennis dra van iemand wat hospitaalbesoek benodig, kontak gerus die kantoor of epos na [email protected].

Opleiding/ Werkswinkels:

  • Bemoedigers-opleiding
  • Basiese Trauma Ontlonting
  • Soul Care Fasilitering

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.

KONTAKBESONDERHEDE

Erika de Beer

Praat met Ons