Fusion
By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam aandui dat elke tiener sal bind met God. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat by Fusion gebeur. Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer. Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Doxa Deo familie.
BYMEKAARKOM-TYE
Ons kom Sondae gedurende die feesdienste by ons Clarendon skool bymekaar.
By Fusion word tieners nie net bedien nie. Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.
Om betrokke te raak by ons tienerbediening,
kontak gerus
Danie Fourie
081 056 7805
Danie Fourie
081 056 7805
Vir enige ander kommunikasie kontak Zelda Olsen by: [email protected]