Dissipelskap

Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede, is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

KURSUSSE

Walmer bied elke kwartaal ‘n verskeidenheid van kursusse aan. 

1. CITY CHANGERS Toerustingsprogram

Hierdie sluit in alle kort kursusse wat plaaslik by ons gemeente aangebied word. Hierdie kursusse is spesifiek vir ons vennote wat hulself beter wil toerus in ‘n spesifieke area van transformasie.

2. CITY CHANGERS Bedieningsprogram (bekend as CCEP)

Hierdie is die primêre CITY CHANGERS opleidingsprogram van die Doxa Deo-familie. Hierdie twee-jaar-kontakkursus is gebou rondom bediening, lewensvaardigheid en leierskapsontwikkeling. Kyk na video: https://youtu.be/wt6fF5x3yik Vir meer inligting hieroor kontak [email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak Zelda Olsen by: [email protected]

Praat met Ons