Meer Oor

Walmer

Kampus

Welkom by Doxa Deo Walmer

Doxa Deo se visie en droom is dat Port Elizabeth sal transformeer na ‘n plek waar God regeer.  Ons glo dat elke persoon geroep is om as “City Changer” ‘n verskil in ons pragtige stad te maak.  Ons hartklop is om jou as “City Changer” toe te rus om ‘n verskil te maak waar jy jouself daagliks bevind.

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken, mense lief het en hulle wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer soos die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

CLARENDON SKOOL  | 09:00
C/O CHURCH & 7TH AVENUE, WALMER

Sondag Dienstye

Oggenddienste

09:00

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Wat Om Te Verwag

Ons feesdienste is ’n uitdrukking van ons liefde en passie vir God en mekaar.  Ons kuier saam voor die feesdienste begin.  Die Doxa Deo Kinderkerk personeel sien uit om jou kind te verwelkom by die Doxa Deo Kids fasiliteite.  Kinders word tydens die Feesdienste bedien met woord, poppekas, aanbidding en meer.

Ons feesdienste is ’n geleentheid om saam as gemeente die Here te aanbid met passievolle lof & aanbidding en saam te groei in die Woord.  Ons feesdienste is ook geleenthede waar ons fees vier oor dit wat die Here deur ons “City Changers” doen in die werksplek, vriendekringe en gesinne.

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Die woord “lidmaat” het ‘n bepaalde historiese agtergrond wat nie altyd die hart van lidmaatskap vasvat nie. Om hierdie rede het ons gaan soek na ‘n meer relevante begrip. Die Bybel gebruik baie idiome wanneer daar na die gemeente verwys word. Daar word onder andere gepraat van die gemeente of Kerk as ‘n liggaam, ‘n gebou of ‘n familie. Die kernbeginsel in elk van hierdie is dat deelname aan die gemeente totale betrokkenheid impliseer. Jy kan nie deel vorm van ‘n liggaam (soos ‘n vinger aan ‘n hand) en tog geïsoleerd van die liggaam funksioneer nie. ‘n Hedendaagse begrip wat hierdie totale betrokkenheid impliseer is die begrip “Vennootskap (Partnership)”.

Vennootskap sê dat jy nie net belang by die Kerk het nie, maar betrokke is en erken dat jy ‘n bydrae het om tot die kerk te lewer. Ons verwys dus na lidmaatskap as Vennootskap. God het gekies om hierdie wêreld te verander deur Sy Kerk. Dit is duidelik dat God nie ‘n Plan B het nie. Om hierdie rede is Vennootskap met die Kerk so belangrik: God werk nie met een van ons geïsoleerd nie. Hand 2:47 sê God het tot die gemeente bygevoeg. Hierdie woord “bygevoeg” beteken letterlik “to set you in place to your advantage”. Doxa Deo, as een van die uitdrukkings van God se Kerk in Port Elizabeth, begeer om met jou in Vennootskap te tree.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Ons het gereelde Nuwe Vennote geleenthede waar ons jou graag wil ontmoet en beter leer ken, asook meer inligting met jou sal deel oor vennnootskap. 

Kontak Zelda Olsen by 

041 110 0786 of by
[email protected] 

om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Bernard & Elicia Badenhorst

Campus Leaders

082 412 7339

Leandri Roos

Creative Communication & Worship Leader

079 226 5501

Zelda Olsen

Campus Secretary

084 815 5533

Janco Harpestad

FUSION / Creative & Tech-support

061 790 7939

CORIEN KRUGER

Kids Ministry Leader & Tree

083 353 3830

Gideon Lotter

Intern / Young Adults Co-Ordinator

060 983 9283

Stian Botha

Assistant Pastor & Lifegroup co-ordinator

082 816 2744

Praat met Ons