Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan. Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.
By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om hulle gawe uit te leef as aanbieder of as kleingroepleier.
Kinderbediening vind gelyklopend met oggendfeesdiens plaas.
KEWER KLAS: 0 – 3 jaar (word bedien saam met hulle ouers)
REËNBOOG KLAS: Graad RR – Graad 1
HARTJIE KLAS: Graad 2 – 4
KROON KLAS: Graad 5 – 7
Kontak gerus vir Corien Kruger vir meer inligting by