Life Centre
Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.
Ons bied die volgende dienste aan
Ek Wil Voluit Lewe
EK GAAN DEUR ’N MOEILIKE TYD
As jy deur ’n moeilike tyd gaan, wil ons Bemoedigers jou graag ondersteun.
Stuur ’n e-pos na [email protected]
Ons sal jou so gou as moontlik kontak.
SOULCARE
SoulCare is nie ’n beradingsessie nie. Dit is ’n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ’n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restourasie te beleef. SoulCare het ten doel om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ’n intieme verhouding met God te leef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef volgens ons identiteit in Christus.
SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.
Kliek HIER om aansoek te doen vir ’n afspraak.