Life Centre

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.

Ons bied die volgende dienste aan

Ek Wil Voluit Lewe

EK GAAN DEUR ’N MOEILIKE TYD

As jy deur ’n moeilike tyd gaan, wil ons Bemoedigers jou graag ondersteun.

Stuur ’n e-pos na [email protected]

Ons sal jou so gou as moontlik kontak.

SOULCARE

SoulCare is nie ’n beradingsessie nie. Dit is ’n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ’n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restourasie te beleef. SoulCare het ten doel om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ’n intieme verhouding met God te leef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef volgens ons identiteit in Christus.

SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.

Kliek HIER om aansoek te doen vir ’n afspraak.

DOOR OF HOPE

Coega Door of Hope is a home for children and teenagers, a home full of love and security.  Currently 30 children are in the care of Mama Gladys Panda, living together as one family, characterized by love and care for each other.  As a church community we are invested in supporting Mama Gladys to continue the good work she was called to do.    

Wil jy betrokke raak, stuur gerus ’n epos na

corien.kruger@doxadeo.org

Praat met Ons