Lewensoomblikke

Ons glo God is deel van elke faset van jou lewe in tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke faset van jou lewe raak te sien.

KINDERTOEWYDING 

Jou kind is vir die Here, vir jou as ouer en vir ons by Doxa Deo Walmer baie kosbaar.

Kindertoewyding is ’n geleentheid waar ons saam met vriende en familie jou kind aan die Here toewy.

Jesus sê in Markus 10:14 -16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Ons sien uit om die spesiale dag saam met julle te deel.  Indien jy jou kind aan die Here wil toewy, kontak gerus vir Zelda Olsen by [email protected] / 041 110 0786

DOOP

ONS GLO aan die doop van gelowiges deur onderdompeling as ’n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here.   Die Doop volg op die ervaring van wedergeboorte. Dit is die geloofshandeling waarin ons met die dood en opstanding van Jesus Christus identifiseer. Dit is ’n gebeurtenis wat heenwys na ons reg tot ons erfenis in Christus.

Mat. 28: 19. “Gaan dan heen, maak dissipels …. doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees ……”

Hierdie is die woorde van Jesus. Doop is ’n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus. Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood, begrafnis en opstanding.

Indien jy gedoop wil word, kontak gerus vir Zelda Olsen by [email protected] / 041 110 0786

HUWELIKSBEVESTIGING

Ons is opgewonde saam met jou vir hierdie nuwe fase in jou lewe. Verskeie van ons pastore is beskikbaar vir jou huweliksbevestiging. Ons beste wense vir die beplanning van jou groot dag.

Dit is vir ons belangrik dat jy die nodige huweliksvoorbereiding sal meemaak.

Kontak gerus vir [email protected] / 041 110 0786 om die volgende huweliksvoorbereidingskursus datum te ontvang.

 

BEGRAFNISSE

Ons is hier om saam met jou deur hierdie moeilike dag te gaan. Saam met een van ons pastore kan ons jou help beplan aan die diens, keuse van Skrif, keuse van liedere ens. ook beskikbaar indien nodig.

Kontak [email protected]  / 041 110 0786

Praat met Ons