Die Young Adult-groep van Doxa Deo Mosselbaai bestaan uit enige studente, ongetroudes en jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.

 

Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Sondagoggend om 10:30, gedurende ons tweede diens. Na afloop van die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak saam met ‘n lekker koppie koffie.

 

 

Ons glo dat God al die Young Adults van die Tuinroete wil bereik en gebruik om Sy heerlikheid te verkondig. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in ons dorp. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van geleenthede waar gemeenskap-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap end eel te vorm van hierdie groep.

Kontak Informasie

Sugen Pillay

Groepe

Op Donderdagaande kom al die Young Adults bymekaar vir groeplewe, waar ons fokus om saam te groei in ons verhouding met God en met mekaar. Elke groep bestaan uit tussen 3-6 mense wat saam kuier om die Woord van God en inspraak gee in mekaar se lewens.  Dit is ook ‘n plek waar almal mekaar beter leer ken, vriendskappe bou en so die pad van geloof saam aanpak.

Byeenkomste

– Sondagoggende, 09:30 vir tweede diens

– Donderdagaande, 18:30 by Doxa Deo Mosselbaai Kampus

Socials

Een keer ‘n kwartaal is daar ‘n lekker social en dit word ook in detail op Young Adults Mosselbaai se Facebook en Instagram blad geadverteer. Dit is ‘n ideale geleentheid om nuwe vriende saam te nooi. Daar is ook ‘n paar lekker “outings” om na uit te sien… Hou die Young Adults sosiale bladsye dop!

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Sugen: [email protected]

Praat met Ons