Doxa Deo is meer as net n naam vir n gemeente. Ons glo dit is n beskrywing van dit wat God wil doen reg oor die wêreld en ook hier in die tuinroete.  (HÁBAKUK 2:14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.).  Alles wat ons doen fokus op die toerusting en mobilisering van mense sodat elkeen kan deelneem aan Jesus se Sending om nuwe lewe te bring in elke area van ons samelewing. Ons leer saam God ken, ander mense liefhê en ‘n positiewe impak maak in my wêreld. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is ‘n Familie op ‘n missie wat saam met ander gemeentes in die Tuinroete wil werk vir die positiewe verandering wat Jesus en Sy waardes bring in kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering.

Doxa Deo, ons is ‘n
Familie op Missie!!!

Hoe word ek deel?

Hoekom praat ons van Vennootskap?

Die Kerk van Jesus word op baie maniere in die Bybel beskryf (bv. ‘n weermag, ‘n geestelike gebou, ‘n bruid of ‘n liggaam). Nie een van hierdie beskrywings is iets wat jy kan bywoon nie. Dit is ‘n verbintenis waarvan jy deel is. Die een manier wat jou deelname in die Bybel beskryf word is met die woord “Koinonia”. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap (Koinonia) en in die breking van die brood en in die gebede. Handelinge 2:42 

Koinonia dui op twee dinge: “Fellowship” en “Partnership”. In Filippense sê Paulus vir God dankie vir die gemeente se gemeenskap (Koinonia) aan die evangelie (Filippense 1:5). Hulle het op verskeie maniere saam met Paulus gewerk in en vir die Evangelie. Gemeenskap is dus ook vennootskap en ‘n vennootskap is nie iets wat jy kan bywoon nie. Jy is ‘n Vennoot. Daarom praat ons in Doxa Deo Tuinroete van Vennote.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak ons gerus en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. So word jy ondersteun om jou plek in die Liggaam van Christus te ontdek en uit te leef, en saam met ander ‘n verskil te maak in die Tuinroete Streek.

Kontak Ons

Elrene de Koker

0815991044

[email protected]

Oor Ons Personeel

Die missie van elke personeellid by Doxa Deo Mosselbaai is om vennote te ondersteun om hulle plek in die Doxa Deo Tuinroete Familie te vind en om hulle roeping in die Missie van Jesus te ontdek en uit te leef.

Kerk is nie ‘n byeenkoms nie, dis ‘n Familie op ‘n missie.

Ons Span

Jaco & Mariëtte
Schutte

Zone Leier

Alfredo & Ambrosia Januarie

Media en Musiek

Nagel & Anzell Myburgh

Kampus Pastoor
Vrouebediening

Sugen Pillay

Fusion / Young Adults en Skolewerker

Elrene & Juan
de Koker

Bedieningspanlid

Maryna &
Wouter
Holtzhausen

Worship en Ondersteuning

Praat met Ons