ONS HART

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Om God te ken.
Mense lief te hê.
My wêreld te vernuwe.)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

ONS GLO

VERKLARING VAN GELOOF

Wanneer jy op soek is na ’n nuwe kerk, is dit noodsaaklik om te verstaan wat Doxa Deo glo. Ons weet dat hierdie inligting jou as ’n nuwe besoeker sal help om ’n besluit te neem om deel te word van die Doxa Deo-familie.

VIND UIT WAT ONS GLO

WAAR & WANNEER

Sluit by ons aan by een van ons dienste

SONDAE
1ste Diens- 08:30
2de Diens- 10:15

Doxa Deo Mosselbaai 

36 Da Gama Straat.

Da Nova

Mosselbaai 

AANLYN DIENSTE
Volg ons YouTube kanaal om ons aanlyn dienste by te woon.

Word 'N VENOOT

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging:
 Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Kontak ons asseblief om by ons Nuwe Vennoot-proses aan te sluit. Maak seker jy neem daarna deel aan ons dissipelskap-programme. Ons gebed is dat jy jou plek sal vind en jou roeping in die liggaam van Christus sal vervul.

ONS SPAN

Jaco & MariËtte Schutte

Zone Leiers

Nagel & Anzell myburgh

kampus Leiers

Dewald Roos

Bedieningsleier

Kayla jacobs

fusion leier 

young adults 

skolewerker

Natasha nel 

Finansies & Ondersteuning

Maryna Holtzhausen

Aanbiddingsleier

Wouter Holtzhausen

Fasiliteie & Ondersteuning 

Louisa Bester

Doxa Deo Kids 

Anzell Myburgh 

Vrouebediening 



Doxa Deo tuinroete span

Praat met Ons