Fusion

Mosselbaai se tienerbediening fokus op hoërskool leerders. Ons weet die ouderdom van 13 tot 18 is waar baie emosionele en fisiese groei plaas vind, maar dit is ook ‘n tyd waar baie geestelike groei plaasvind. Ons weet daarom dat daar ‘n verantwoordelikheid onder elkeen van ons is om tieners te help op hierdie reis waar hulle nie net hulself nie, maar God ook leer ken.

Ons doen dit deur, eerstens, ‘n byeenkoms op Dinsdag aande te hou waarheen tieners wil kom. Ons wil met goeie musiek, ‘n live band, lekker koffie en goeie mense, ‘n plek skep waarheen tieners geniet om te kom.

Weekliks is daar ‘n boodskap vir die tieners. Al ons boodskappe is God gefokus en bybel geinspireer. Ons wil graag tieners help om ‘n liefde vir Jesus en die bybel te ontdek, maar ook dat al die boodskappe werklik van toepassing sal wees op ons tieners se lewens.

Ons het ook weeklikse kleingroepe. Ons het goeie leiers wat ‘n werklike liefde vir tieners het en ‘n passie het om die volgende generasie te sien wen. In hierdie groepe word daar spasie gemaak vir jongmense om vrae te vra en saam te leer.

Kontak Informasie

Vir enige ander kommunikasie kontak ons: [email protected]

Praat met Ons