Visie

Om God se heerlikheid in die tuinroete te vestig vir globale impak

Missie

Om transformasie te bring in ons omgewing en om die Tuinroete te verander na n plek waar God regeer

Slogan

“Raising City Changers”

Wat Ons Glo

By Doxa Deo KIDS rig ons passievolle kinders op wat in hul skeppingsdoel leef!

Ons weet dat God ‘n uitspraak en roeping het oor elke kind, daarom rus ons hulle toe om hulle identiteit in Christus asook hulle gawes te ondek en te beoefen sodat hulle van ‘n jong ouderdom hul wêreld kan impakteer en vernuwe.

Doxa Deo KIDS plaas hoë waarde op die behoefte van elke kind, daarom word elkeen bedien op sy ouderdoms- en ontwikkelingsvlak vir optimale groei en verstaan.

Die volgende ouderdomskategorieë word bedien by ons twee Sondagoggenddienste:

Voorskool | Grade | Pre-Teens 

Indien jy graag wil betrokke raak of meer inligting verlang aangaande Doxa Deo KIDS, kontak ons gerus 

Voorskool

(3 Jaar - Gr R)

Grade

(Gr 1 - Gr 5)

Pre-Teens

(Gr 6 - Gr 7)

Registrasie

Hier by Doxa Deo Kids is dit vir ons BAIE belangrik dat elke kind geregistreer moet word. Jy kan jou kind op ‘n Sondag oggend kom registreer by die Doxa Deo Kids ontvangs area. Elke kind sal 2 plakkers ontvang met dieselfde kodes op, een wat op die kind geplak word en die ander een word aan die ouer gegee. Jou kind se veiligheid is vir ons baie belangrik daarom het ons jou hulp nodig om die volgende veiligheids maatreëls te respekteer. Slegs ouers met plakkers word toegelaat om kinders af te haal by hulle klasse na afloop van die diens. 
Jy is ook welkom om nou hierdie registrasievorm skakel te volg en jou kind/ers so te registreer
om die Sondagoggend registrasie proses te vermy.

Wil jy jou passie vir kinders uitleef?

Hierdie is die perfekte geleentheid vir ouers en mense wat ‘n passie het vir kinderbedienning. Hier by Doxa Deo Kids is vir jou ‘n geleentheid om jou passie te kom uitleef. Raak deel van ons kinderbediening deur verskeie maniere asook rolle te vervul.

Kontak ons vir meer inligting. 

Kontak Informasie

Elrene De Koker

Vir enige ander kommunikasie kontak ons: [email protected]

Praat met Ons