Doxa Deo het ‘n proses naamlik TREE (Transforming Educational Environment) wat ons implementeer in ons skole en wat skolewerkers bemagtig om te funksioneer met ‘n gesindheid wat hoofde, personeel en leerders ondersteun om ‘n gesonde en lewegewende omgewing te skep. In die afgelope jaar was daar skolewerkers betrokke by Hoërskool Punt, Glenwood House en nou ook by Hoërskool Outeniqua vanaf September 2022. Skolewerkers help personeel lede met administratiewe take asook deur leerders te ondersteun en na hulle te luister. Verder skep hulle geleenthede van waardering deur bv die uitdeel van muffins en cuppacino’s vir personeel lede. Dit is ook vir ons belangrik om inspraak te lewer in tieners wat gekies word vir die Leerlingraad daarom bied ons opleiding aan om hulle te bemagtig om ‘n verskil te maak in hulle skole.

Hier by Doxa Deo Tuinroete is dit vir ons belangrik om hande te vat met ons omgewing se Hospitale, Polisie en Kinderhuise. Hulle speel so ‘n belangrike rol in die welsyn van ons gemeenskappe.
Covid het unieke geleenthede geskep vir betrokkenheid by twee hospitale. Daar was verskeie geleenthede van waardering en gebed vir die hospitale se personeel. Een Klein groep van vennote het die inisiatief geneem om ‘n kunswerk met bemoedigende woorde daarby te laat verf op ‘n muur by een van Bayview Life Hospitaal se uitgange.
By die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal was daar verskeie geleenthede van gebed en waardering vir die personeel.
Tydens een van die geleenthede het een van die verpleeg personeel vir een van ons vennote vertel van die behoeftes by mammas met pasgebore baba’s in die hospital. Deur verskeie gesprekke daarna het Cherished Baby, ‘n bestaande projek in die groter Doxa Deo familie, ook hier begin. 40 – 50 vennote betrokke is, elkeen met ‘n spesifieke rol wat hulle vervul. Cherished Baby verskaf sakke met die nodigste benodighede aan mammas in hospitale. Die span skryf ‘n brief aan elke mamma en lewer dit saam met die sakke persoonlik aan die mammas. Gefasiliteer deur ‘n vennoot wat saam met die mamma bid en haar brief ook saam met haar lees. Ons gebedspan bid elke Woensdag vir die Cherished Baby span wat die mammas in die hospitaal besoek. In die laaste kwartaal het ons 120 sakke geskenk (die waarde van ‘n sak beloop tussen R400 en R500) Verder stel ons die mammas bekend aan en probeer hulle aanmoedig om by Creating Effective Families in te skakel vir ondersteuning vir hulle familie, asook Work for a Living om hulle te bemagtig om werk te soek.
Ons het ook weer betrokke geraak by ‘n administrasie en liaseering projek by die hospiktaal om op so ‘n manier ook te ondersteun.
Ons het ‘n waarderings geleentheid gehou vir Mosselbaai se SAPS skof werkers vir hulle harde werk en toewyding aan die gemeenskap.
Ons is tans besig met verkennende gesprekke met Huis Môreson in George om hande te vat en te kyk hoe ons kan help om ‘n verskil te maak in kinderhuis-kinders se lewens. Verskeie behoeftes is geidentifiseer, waarvan een van die grootstes is om die hoeveelheid kinders wat huidiglik woon in Huis Môreson op die een perseel te help verminder deur nog ‘n huis te begin.

Die afgelope jaar het ons by tehuise op verskillende maniere bedien en ondersteun. By die tehuise van die ACVV was daar verskeie bedienings geleenthede geskep. By Onse Rus en Ons Huis was daar nagmaal tydens Paasfees bedien. Die terugvoering vanaf personeel en inwoners was baie positief. Daar is ook geskenk pakkies tydens Kersfees voorsien. By huis Kenane is ons al verskeie jare op baie maniere betrokke. Ons voorsien twee keer per week kos aan 8 huise van Kenane met 67 inwoners. Ons het ook ‘n groot fees geleentheid oor kerstyd waar die inwoners onthaal word met lekker kos en musiek en ‘n spreker. Tydens die geleentheid word daar ook ‘n geskenkie vir elke inwoner gegee.

Verder het ons vennote oomblikke gefasiliteer by Onse Huis tehuis vir maklike toegang tot ons preek reekse en dagstukkies. Daar was ook geskenke gegee aan die 90 lede van die tehuis. Vennote het ‘n naam getrek van ‘n inwoner by die tehuis en het ‘n persoonlike geskenk pakkie opgemaak spesiaal vir daardie persoon. Ons het ook by Caro’s nagmaal gaan bedien en daar was ook tydens die afgelope Impak-reeks ‘n gespreksgroep daar gefasiliteer. Ons glo mense in hierdie tehuise is deel van ons samelewing, en speel steeds ‘n belangrike rol. Daarom reik ons op hierdie verskillende maniere uit.

Hier by Doxa Deo Tuinroete is skole en die volgende generasie vir ons baie belangrik. Daarom het ons verskeie inisiatiewe en projekte om ons skole se personeel en leerders te ondersteun.
Onder andere het ons ingeskakel by die skoenboks inisiatief waar skryfbehoeftes ingesamel en geskenk was aan ongeveer 500 leerders by drie skole en twee kleuterskole in Brandwag.
Ons het skoolklere geskenk aan leerders wat geindentifiseer was, deur die hoofde en personeel lede, as hardwerkend en wat ‘n behoefte gehad het aan skoolklere by Hillcrest en Sao Bras.
Ons het spesiale skole aande aangebied waar ons ‘n belegging gemaak het in die jong leiers van 2 Hoërskole en 4 Laerskole asook hoofde en sleutel personeel lede.Dit was aande van lekker eet, kuier, geestelike en leierskapinsette, geskenke aan elke leier en no gander pret. Hierdie geleenthede het deure oopgemaak vir verskeie bedienings geleenthede binne ons skole.
Ons het by skole waar ons nog nie Skole werkers het nie verskeie waarderings-aksies gehad. Ons het vir vier van ons skoolhoofde, waar baie van ons gemeente se kinders skoolgaan,‘n geskenk bewys gegee om dankie te sê vir al die goeie en harde werk wat hulle doen, asook waarderings geleenthede vir van hierdie skole se personeel lede.

Ons het leierskap opleiding aangebied by versekeie skole in die omgewing vir die jong leiers.
Ons as Doxa Deo saam met ons vennote besef dat skole geweldige groot uitdagings ervaar. Die terugvoer wat ons ontvang het van elke skool waarby ons die bedienings geleenthede gefasiliteer was baie positief.

Hier by Doxa Deo Tuinroete is dit vir ons belangrik om vennote wat binne ons gemeente is, te ondersteun tydens seisoene waar hulle kort – termyn finansiële druk en moeilike omstandighede beleef. Daar is ‘n bediening in die gemeente wat buiten ondersteunings berading ook fisiese ondersteuning bied op verskeie maniere. Dit word met groot sensitiwiteit en deernis gedoen deur vennote in die gemeente met ‘n hart en passie vir hierdie bediening.
In die Doxa Deo familie word die bediening HOPE genoem, want dit is ‘n bediening wat tydens baie moeilike omstandighede vir mense hoop bring.
In die afgelope jaar kon ons mense help met kruideniersware en ook ondersteun waar daar uitgawes was vir spesialis-trauma berading. Daar was ook mense wat ons bygestaan het waar daar ander finansiële uitdagings was. In hierdie tipe ondersteuning word daar baie oordeelkundig te werk gegaan en die fokus is op mense wat aktiewe vennote in die gemeente is.

Hier by Doxa Deo Tuinroete is dit vir ons belangrik om hande te vat met bestaande instansies in ons omgewing om blywende vennootskappe te vestig en saam ‘n groter Impak te maak in ons omgewing. Ons het al vir baie jare ‘n kosbare vennootskap met Creating Effective Families (CEF). CEF fokus daarop om kinders en ouers van gesinne te help om meer effektief te funksioneer as gesin en bied verskeie terapeutiese dienste om hiermee te help. Ons verwys ook gesinne na CEF, en ons bied weer ondersteuning deur waarderings-geleenthede vir die personeel, deur vennote en personeel wat dien op hulle bestuur, en deur ons fasiliteite beskikbaar te stel vir vergaderings. Ons as gemeente het deur Markus en Lee-Marley Pratz ‘n vennootskap met YWAM (Youth with a Mission). Deur hulle ondersteun ons YWAM met ‘n maandelikse finansiële bydrae in die werk wat hulle doen in ons omgewing. Ons het die afgelope jaar 8 leiers van gemeentes en bedieninge geborg om deel te neem aan die City Changers Movement se Learning Community. Dit is ‘n program wat leiers bemagtig en fokus op ontwikkeling in teologie, leierskap en persoonlike welstand. Dit word aanlyn aangebied met maandelikse in persoon gesprek-sessies waar leiers gefasiliteer word mekaar help in hulle verstaan en implementering van wat hulle leer. Ons gemeente ontvang elke maand die leiers en Gerhard fasiliteer die byeenkomste. MOBCEF is ‘n kerkeenheids-beweging wat eenheid en samewerking tussen die gemeentes in ons gemeenskap help bevorder. In Doxa Deo is dit ‘n waarde om saam met ander lewegewende gemeentes te werk om ‘n verskil te maak in ons omgewing en daarom het ons ‘n groot rol gespeel om te help om byeenkomste vir Mobcef te “Host” en te fasiliteer. Vanuit hierdie jaar se verdieping van verhoudinge en vertroue wil MOBCEF graag daarop fokus om volgende jaar ‘n groter impak te maak in ons omgewing. Dis deur Mobcef wat Work 4 a living hierdie jaar ‘n tak in Mosselbaai gevestig het. Hierdie bediening help mense wat werk soek met opleiding om hulle meer werk gereed te kry. Maatskappye kontak gereeld vir Work 4 a living met vakante poste en verskeie mense het hierdie jaar so werk gekry. Daar word ook kursusse in sekere vaardigheids-ontwikkeling aangebied soos bv. Entrepreneurskap. Hulle werk tans vanuit Creating Effective Families se kantore in ASLA park, maar skuif eersdaags na een van die gemeentes wat deel is van Mobcef in Asla se persele toe. Dankie vir jou deelname deur skenkings en finansiële vennootskap wat ons as Doxa Deo Tuinroete, en dit sluit jou natuurlik in, in staat stel om ‘n verskil te maak in ons omgewing. As jy nog nie deel is van hierdie finansiële vennootskap nie, wil ek jou graag uitnooi om deel te word sodat ons saam hande kan vat om ‘n groter Impak te maak in ons omgewing.

Doxa Deo Mosselbaai wil dankie sê aan elke finansiële vennoot vir jou getroue bydraes. Dit stel ons in staat om saam met al die ander lewegewende gemeentes 'n seën vir ons omgewing te wees. Indien jy nog nie ‘n finansiële vennoot is nie, nooi ons jou uit om deel te raak van ‘n familie wat gee om sodoende hierdie omgewing te sien verander, omdat God regeer!

Praat met Ons