By Doxa Deo Artuo glo ons – in lyn met dit wat ons juis in die Woord leer – dat GEE veel meer as net jou finansiёle bydrae behels. GEE kan ook jou tyd behels, jou energie, jou talente of selfs ‘n eenvoudige kospakkie ten bate van HOPE – ‘n projek wat deurlopend kos aan behoeftige gesinne binne ons eie kampus voorsien.  Soms is GEE daardie koffietjie saam met ‘n vriend wat gedurig op jou hart is.

Tyd

Daar is verskeie plekke waar jy van jou tyd kan gee om deel te word van ‘n netwerk van vrywilligers wat daagliks ‘n impak maak in lewens regoor ons stad.

Donasies/Skenkings

Ons het verskeie projekte wat donasies/skenkings benodig om hul maandelikse uitgawes te kan dek.