Fusion

By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam aandui dat elke tiener sal bind met God. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat op ‘n Woensdag by Fusion gebeur.  Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer.  Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Doxa Deo familie.

BYMEKAARKOM-TYE

Ons kom Woensdae vanaf 18h00 tot 19h30 by ons Artuo kampus bymekaar.

Doxa Deo Brymore het ook op Dinsdagaande n Fusion byeenkoms wat plaas vind by die Kampus (Benmore Drive, 26. Brymore) om 19:00.

By Fusion word tieners nie net bedien nie.  Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.

Om betrokke te raak by ons tienerbediening, kontak gerus

Dewald Roos @ 076 020 1736

Vir enige ander kommunikasie kontak Zelda Olsen by: [email protected]