ONS
HART
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Om God te ken.
Mense lief te hê.
My wêreld te vernuwe.)
Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Word 'N
VENOOT
Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korintiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.
Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.
Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.
Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.
Belegging: Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.
Kontak ons asseblief om by ons Nuwe Vennoot-proses aan te sluit. Maak seker jy neem daarna deel aan ons dissipelskap-programme. Ons gebed is dat jy jou plek sal vind en jou roeping in die liggaam van Christus sal vervul.
ONS
SPAN
JOHANN CLOETE
KAMPUS LEIER
RENÉ CLOETE
VROUEBEDIENING
MARIUS SMIT
LEIER VAN BEDIENINGE
LIZE-MARI DE WET
AANBIDDINGSLEIER
KOMMUNIKASIE
JUSTIN APPEL
JEUGSIRKEL LEIER
Tree
CHANTELL LOMBARD
BESTUUR
ESMARELDA GELDENHUYS
BEDIENINGS-
ASSISTENT
Juandré potgieter
Fusion Tienerbediening
MDUDUZI NDLOVU
werker
DANNY MOTAUNG
werker
LINDAH MADZIMURE
werker