Life Centre
Die lewe bring soms storms wat die wind uit ons seile slaan.
Die LIFEcentre is hier om jou te ondersteun in daardie tye—met gefokusde en liefdevolle bediening vir mense wat deur uitdagings gaan.
Ons hart is om te sien dat elke persoon weer hoop sal vind, genesing sal ervaar, en voluit sal lewe in ’n gesonde verhouding met God en ander.
wat ons bied / raak betrokke
Gebed
Ons het ‘n span mense wat graag saam met en vir jou wil bid.
Soulcare
SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restorasie te beleef. SoulCare is om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit spreek die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef, aan. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het, met die waarheid verruil. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef in ons identiteit in Christus.
Bemoediging
Ons almal het partykeer iemand nodig wat na jou kan luister wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons span is daar vir jou om jou te ondersteun.
Berading
Ons het ‘n netwerk van spesialiste wat hulle dienste aanbied. Dit sluit terapeute, sielkundiges en ander spesialiste in.
Hospitaalbesoeke
Gaan jy, ‘n familie lid of vriende dalk in vir ‘n operasie? Ons Hospitaalspan wil julle graag ondersteun in die tyd.
HOPE Kos projek
H.O.P.E staan vir “Help Our People Eat”. Ons Kosprojek is daar om mense te help wat deur ‘n finansiële krisis gaan, wat hulle werk verloor het óf tans uitdagings in hulle lewe beleef.