Cherish vrouebe-diening

“God het jou uit al die volke op aarde gekies as Sy kosbare persoonlike skat.” —Deuteronomium 14:2

Doxa Deo Meyersdal se vrouebediening, Cherish, is vir vrouens van alle ouderdomme. Ons kom saam om te gesels, te deel en saam te groei in ons geloof en in ons lewe.

Dit is ’n warm en veilige plek waar jy as vreemdeling kan instap, maar verseker as vriendin sal uitstap. Hier kan vrouens met vrymoedigheid hulle harte en lewens kom oopmaak.

By Cherish kry jy die geleentheid om jou passies en gawes uit te leef saam met ander vrouens wat jou verstaan en ondersteun.

Raak betrokke

Cherish Groups / Mentoring – Journey

Verskeie vrouegroepe kom een maal per maand bymekaar. Hier bou ons egte verhoudings, bid ons vir mekaar, ondersteun ons mekaar en leer ons saam uit die Woord van God.

Cherish Woord

Twee maal per jaar bied ons intensiewe Bybelstudies aan (gewoonlik 6–8 weke lank) oor verskeie relevante onderwerpe. ’n Diep en praktiese tyd saam met die Here en ander vrouens.

Cherish Events

Een keer per kwartaal hou ons spesiaal vroueaande op Dinsdagaande. Verwag uitmuntende sprekers, passievolle aanbidding, lekker kuier en baie lag. Dit is die perfekte geleentheid om jou ma, sussie of vriendinne saam te nooi!

Cherish Creative

Een maal per kwartaal geniet ons ’n kreatiewe oggend waar ons nuwe projekte aanpak, ons kreatiwiteit uitleef en sommer net lekker saam kuier.

Cherish Life – Uitreik

Ons is passievol betrokke by Alberton Stepping Stone Hospice. Ons het ’n “Wendy” huisie opgesit waar die care givers kan ontspan, en ons bederf hulle gereeld met koffie, tee en verversings.

Elke tweede maand op ’n Vrydagoggend gaan ons soontoe om saam met hulle te bid en hulle met bederfies te bederf. Jy kan by ons WhatsApp-groep aansluit om op hoogte te bly van uitreike en behoefte-lyste.

Kom word deel van die Cherish-familie. Jy is welkom. Jy is gekoester. Jy is belangrik.

Praat met Ons