BEDIENINGE
Ontdek ons bedieninge wat jou help om in geloof te groei, gemeenskap te bou en uit te reik, sodat jy geestelik kan floreer en ’n positiewe verskil in die wêreld kan maak.
Aanbidding
Hierdie bediening is soveel meer as mense wat op ’n verhoog staan en musiek maak.
Dit is ’n leefstyl, nie net op ’n Sondae nie, maar in ons alledaagse lewe.
LIFE CENTRE
Die LIFE centre is hier om jou te ondersteun in daardie tye—met gefokusde en liefdevolle bediening vir mense wat deur uitdagings gaan.
KIDS
Hier leer ons kinders nie net van God nie — ons help hulle om Hom te ken.
Ons spreek lewe, identiteit en doel in elke hart in… want ons glo elke kind kan ’n verskil maak.
Tieners
Ons hart is om ‘n generasie te sien groei met ‘n passie vir God se Woord en Sy beloftes, ‘n liefde vir alle mense en die kerk, asook ‘n brandende begeerte om ‘n impak te maak
Gebed
Gebed is so integrale deel van wie ons is by Doxa Deo Meyersdal dis ons eerste reaksie, nie ons laaste opsie nie.
MANNE
MoveMENt is ’n beweging van manne wat kies om hul lewens te rig volgens God se roeping—in hul huise, hul werkplekke en hul verhoudings.
VROUE
Hier gesels ons, bid ons, lag ons en groei ons saam, deur Bybelstudie, vroueaande, kreatiewe oggende en uitreik na ander.
Groepe
Ons glo groei gebeur nie in rye nie, maar in sirkels, waar mense familie word, mekaar dra en saam die lewe doen.