KIDS

Ons glo elke kind is kosbaar en verdien om die liefde van Jesus op ’n praktiese, vreugdevolle manier te ervaar.

raak betrokke

Broodjies Maak

Sluit aan by ons WhatsApp-groep om te help broodjies maak vir die KIDS (https://chat.whatsapp.com/EQcQ7xbCTUw2j06Gz506ZK) 

Jy kies eenvoudig ’n datum wat vir jou werk.

  • Jy bring ongeveer 4 brode se broodjies
  • Elke toebroodjie word in 4 gesny

Dis ’n eenvoudige manier om met baie liefde prakties te dien.

Finansiële Bydra

Enige bydrae help om hierdie bediening te laat funksioneer

Jy kan finansieel bydra (bo en behalwe jou tiende) deur:

BANKBESONDERHEDE

Doxa Deo MDK

ABSA

Rek: 210140735

Takkode: 632005

Verwysing: DDK

Of

YOKO Skakel: https://pay.yoco.com/doxa-deo-meyersdal

Jou bydrae help ons om elke week iets spesiaal vir die kinders moontlik te maak.

Bedien op ’n Sondag

Les Aanbieder (1 keer per maand)

  • Jy bedien aan by albei dienste
  • Ons gee vir jou die volledige kurrikulum en voorbereiding
  • Jy werk deur die les en maak dit jou eie om dit lewendig en relevant vir die kinders aan te bied

Hulp (1x per maand)

  • Jy ondersteun die les aanbieder
  • Help met dissipline, aktiwiteite en speel saam met die kinders
  • Neem kinders badkamer toe indien nodig

Hier gaan dit oor verhoudings bou en ’n veilige, liefdevolle ruimte skep.

Registrasie Span

  • Jy help 30 minute voor die diens begin
  • Jy check kinders in en verwelkom gesinne
  • Registrasie loop tot ongeveer 10 minute ná die diens begin

Jy is die eerste glimlag wat families ervaar — en dit maak saak.

Praat met Ons