aanbidding
Aanbidding is nie net ’n oomblik nie – dit is ’n leefstyl. Ons hart is om mense te lei na ’n egte ontmoeting met God, waar hulle Sy teenwoordigheid tasbaar ervaar en ‘n lewe vorm wat hom eer.
Raak betrokke
Ons aanbiddings- en produksiespan is ’n plek waar mense hul gawes kan gebruik om God te dien en die gemeente te bedien. Of jy op die verhoog, agter die skerms of in tegniese ondersteuning wil betrokke raak – daar is ’n plek vir jou.
Aanbidding
Ons aanbiddingspan oefen op Donderdae van 18:30 tot 21:00 en dien op Sondae tydens beide dienste (met aankoms om 06:45). Ons werk op ’n rotasieskedule volgens beskikbaarheid, wat beteken dat spanlede nie elke Sondag diens doen nie, maar wel gereeld deel kan wees van aanbidding.
Tegniese span
Ons tegniese span ondersteun alles wat op Sondae gebeur en maak seker dat die diens glad verloop.
- Klank (Sound Engineers)
Verantwoordelik vir die klank tydens aanbidding en die diens. Opleiding word voorsien. - Produksiebestuur
Koördineer alle tegniese aspekte op Sondae, insluitend kameras, media en klank. Opleiding word voorsien. - Beligting
Programmeer en bestuur ligte om die aanbiddingservaring te ondersteun. Opleiding word voorsien. - Opname & Media
Help met die opname van die preek en diens (kameras en klank) vir YouTube. Opleiding word voorsien
Band
Ons band bestaan uit musikante en sangers wat saamwerk om ’n atmosfeer van aanbidding te skep.
- Sangers
Van agtergrond sangers tot leiers van liedere. - Instrumente
Dromme, akoestiese kitaar, elektriese kitaar, bas kitaar en klavier.
Media
Ons media-span help om die storie van wat God doen, visueel en digitaal uit te dra – binne en buite die kerk.
Sosiale Media
Gedurende die week deel ons inhoud op ons verskeie sosiale media platforms. As jy ’n passie het vir digitale media, kan jy betrokke raak deur idees te gee, inhoud te skep, posts te ontwerp en ons te help om ons aanlyn teenwoordigheid te laat groei.
Fotografie
Hou jy daarvan om foto’s te neem? Sluit aan by ons fotografie-span wat verantwoordelik is vir die vaslegging van Sondae se dienste, sowel as die voor- en na-oomblikke wat die atmosfeer en storie van die kerk vasvang.
Ontwerp
Ons ontwerp-span skep visuele inhoud wat dienste en kommunikasie ondersteun. Dit sluit in videos, slides en grafiese elemente wat gebruik word op Sondae en op digitale platforms.