Aanbidding en Kunste

Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die Kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.

Daar is verskeie plekke om by betrokke te raak. Musiek, liedjie-skryf, poësie, drama en teaterkuns en film. ‘n Individuele oudisie en gesprek vind plaas sodat daar bepaal kan word, hoe en waar jy as deel van die aanbidding en kunste span betrokke kan raak.

Oefeninge vind plaas op Donderdagaande van 18h30 tot 21:00. Tydens die geleenthede spandeer ons tyd in die Woord, kuier, bid saam en berei intensief musikaal voor vir Sondae se aanbidding.

Vir enige ander kommunikasie kontak die kerk kantoor: 041 360 8941

Praat met Ons