Fusion

By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam aan dui dat elke tiener sal bind met God. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat op ‘n Dinsdag by Fusion gebeur. Ons praat onder andere met die tieners oor God, Wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer… 

Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Doxa Deo familie.

Bymekaarkom-tye

Fusion kom Dinsdae aande om 19h00 by Brymore bymekaar.

By Fusion word tieners nie net bedien nie.  Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.

Vir enige ander kommunikasie kontak die kerk kantoor: 041 360 8941

Of kontak vir Franco Hay:  072 313 0762 / [email protected]

Praat met Ons