Doxa Deo Kids

Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Bedieningsgroepe

Bediening vind elke Sondag, tydens die oggenddienste aan die volgende groepe plaas:

Wikkelwurms (4 – 5jr): Ons volg ‘n kurrikulum wat gefokus is om God te leer ken. Ons hou aanbidding en bedien dieper as net sing en spring! Ons gee blootstelling aan kleingroepie werk, wat dan ook die medewerkers kans gee om nader aan die kleuters te staan en een-tot-een met hulle te werk.

Explosion (Gr 1 – 3) en (Gr 4- 5): Ons fokus op ‘n groot groep belewenis tydens aanbidding. Ons het elke tweede week ‘n aanbidingspan wat die kids op hulle vlak bedien. Tydens die diens verdeel al die kids in graad groepe om sodoende ouderdomsrelevante bediening toe te pas.

Glue (Gr 6 & 7): Ons visie vir die Gr 6 & 7’s is dat hulle hul identiteit in Christus sal ontdek en tenvolle uitleef. Ons hele kurrikilum en worship word rondom die fokus gebou.

 

Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Vir enige ander kommunikasie kontak die kerk kantoor: 041 360 8941

Praat met Ons