HOPE & ROPE

Rope is ‘n bediening waar ons passie vir mense uitdrukking vind. Rope het verskillende punte oor die stad. Ons as gemeente neem verantwoordelikheid vir een van die punte in Noordeinde. Ons gee weekliks by die 1000 mense kos en bedien hulle met Woord.  As gemeente neem ons die verantwoordelikheid om mense te bedien met klere, kos, woord, liefde en aanvaarding. Ons skep ‘n omgewing waar mense weer hoop in Christus kan kry.

HOPE – Help Our People Eat

Die nasionale lockdown het daartoe gelei dat talle mense honger lei. Terselfdertyd is baie van ons geseënd om steeds ‘n inkomste te verdien. Hope Port Elizabeth is geskep om u in staat te stel om die voedselnood in Port Elizabeth te help aanspreek.

Vir slegs ‘n R100 kan jy een persoon voed vir ‘n week. Indien jy wil help om die nood aan te spreek in Port Elizabeth kan jy ons kantoor kontak vir meer inligting.

2 Maniere van help

Jy kan ‘n donasie maak aan:
Doxa Deo PE
ABSA
1400140657
Verwysing: HOPE

Jy kan ook van die produkte op die lysie self aankoop.
Die aangekoopte produkte kan dan by die kerkkantoor afgelaai word
tussen 09:00 – 13:00, Maandae tot Vrydae

Vir enige ander kommunikasie kontak die kerk kantoor: 041 360 8941

Praat met Ons