Tegnies &Multimedia

Ons streef daarna om ons Sondag feesdienservaring en -inhoud optimaal te kommunikeer asook beskikbaar te stel wyer as net tydens `n diens.

Vennote met ’n passie vir en bekwaamheid in multimedia en produksie verseker dat ons dienste meer interaktief is.

Sodoende is dit nie net ’n belewenis tydens feesdienste nie, maar ook beskikbaar vir ’n wyer groepering mense deur middel van opnames, sosiale en internet media.

Ons produksiespan is daarop toegespits om ons kerkgemeenskap optimaal te dien met klank, beligting, video en grafika. Hierdie elemente is primer deel van ons roeping om die waarhede van die Woord te kommunikeer.

Al hierdie elemente en mense werk saam as ‘n span om kommunikasie tydens feesdienste en ander geleenthede sonder steuringe te laat plaasvind.

Kontak ons gerus om deel te raak van een van hierdie areas:

  • Klank
  • Multimedia
  • Video opname / “Live streaming”
  • Grafiese ontwerpe

Vir enige ander kommunikasie kontak die kerk kantoor: 041 360 8941

Of kontak vir Franco Hay:  072 313 0762 / [email protected]

Praat met Ons