Tieners

By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam aandui dat elke tiener sal bind met God. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat by Fusion gebeur.  Ons praat onder andere met die tieners oor God, Wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer…  Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Xanadu Kampus en daarom behandel ons dieselfde temas as wat die volwassenes tydens die oggenddienste behandel, net op ‘n tiener-relevante vlak. 

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

Ons kom Sondae tydens die oggendienste (08:00, 10:00) bymekaar waar ons Fusion Word met die tieners doen. Fusion Word is proses waar tieners God se Woord in diepte leer ken.

By Fusion word tieners nie net bedien nie. Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur bediening en ons eie aanbiddingspan.

Daar is verskeie platforms waar jou tiener kan inskakel aanlyn

WAT GEBEUR ELKE WEEK ?

SONDAE:
Fusion "Word" 08:00 & 10:00 | Xanadu

DINSDAE:
Fusion "Tribes" (Tiener selgroep) | 18:00 - 19:00 | Xanadu

VRYDAE:
Fusion se weeklikse Tienerdiens | 18:00 – 20:00 | Xanadu

KONTAK INFORMASIE

Jeandré Raath

[email protected]

062 838 4261

Praat met Ons