Kids

Baie welkom by Doxa Deo Kids Xanadu!! Dit is vir ons heerlik om jou deel van ons kampus te hê en ons sien baie uit om julle beter te leer ken!! Ons missie is om jou as gesin toe te rus sodat julle Christus se identiteit kan ontdek.

 

Ons droom is dat elke kind sy/haar identiteit in Christus sal vestig en ‘n lewende verhouding met God sal hê. Om elke kind toe te rus met die gawes en roeping wat God in elkeen geplaas het en so onsself uit te leef as “City Changers” wat God se liefde uitleef in ons stad vanaf ‘n jong ouderdom.

 

In elke kurrikulum wat ons doen fokus ons op drie aspekte: “Om God te ken”, “Mense lief te hê” en “Verskil te maak in ons omgewing”. (Knowing God, Loving People and Impacting My World). Vir meer inligting hieroor, gaan na: https://www.doxadeokids.org

 

Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders net kind kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan. Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Bedieningsgroepe

Bediening vind elke Sondag, tydens die 08:00 en 10:00 dienste aan die volgende groepe plaas:

3 – 6 JAAR

GR 1 – 5

Personeel

Kom leef jou passie uit

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Vir al ons Doxa Deo Kids liedjies gaan na :

Apple Music: Kliek Hier

Spotify: Kliek Hier

KONTAK INFORMASIE

 
 

Zara Büchling

[email protected]

073 333 7477

Praat met Ons