Meer Oor

Xanadu

KAMPUS

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle “City Changers” wat hulle God ken en mense lief hê en hulle wêreld impakteer met die waarheid van Jesus.

(Knowing God, Loving People, Impacting my World)

                     Om God te ken
                     (Knowing God)

                  Om mense lief te hê
                  (Loving People)

         En my omgewing te impakteer
         (Impacting my world)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer, as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word. 

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

XANADU OUDITORIUM  | 08:00, 10:00 & 18:00

AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Sondag Dienstye

Oggenddienste

08:00 & 10:00

AANBIEDINGTAAL

Afrikaans

AANDDIENS

18:00

AANBIEDINGTAAL

Afrikaans

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste, na inskakeling by die verhoudings, aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus b.v. ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korintiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd, ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: 

Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: 

Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
 

Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Doxa Deo Xanadu nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.

Jy is welkom om tydens enige van ons dienste, na die tyd by die “Hier Begin Alles” punt, buite in “Die Courtyard” aan te meld, sou jy graag by die gemeente, groeplewe of bedieninge wil inskakel.

Kontak gerus ons kampus en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons kan uitleef.

Kontak Carien Bosman

012 253 1366
of  [email protected]
om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in geloof en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Kobus Windt

Kampusleier

Charl van Zyl

Bedieningsleier "Young Adults"

Elize Bezuidenhout

Kampusbestuurder Huis Lesedi

Wessel Ludick

Aanbiddingsleier

Carien Bosman

Bedienings Koördineerder

Jeandré Raath

Bedieningsleier "Fusion"

Zara Büchling

Bedieningsleier "Kids & Shift"

Bernardt De Beer

Klank & Multimedia

Jané Kruger

Life Centre Koördineerder

Wilma Oelsen

Grafiese Ontwerp & Kommunikasie

Praat met Ons