Groeplewe

Wat is die visie vir ons groepe?

 

Ons lees in Handelinge hoe die eerste kerk ontstaan het. Ons sien hoe die kerk uit twee hoof groepe bestaan het. “Byeenkomste” en “Groepe”. Groeplewe is die plek waar mense versorg was, saam gewerk het, verhoudings gebou het en geestelik gegroei het. Net soos die eerste kerk, is dit nogsteeds ons hart vir groeplewe.


Wat kan jy verwag?

Groepe kom weekliks in huise bymekaar om saam te gesels oor die woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander word en ons vestig ook gereeld nuwe groepe.

Ons het groepe vir oud en jonk sodat mens gereeld en maklik kan inskakel.

Omgee, Bediening, Groei en Invloed word by Groeplewe as hoë waardes beskou. 

Vir meer inligting oor Groeplewe, of om by ‘n groep van jou keuse in te skakel kontak ons gerus.

Isaiah 58:6-12

KONTAK INFORMASIE

 
 

Jonathan Forrester

[email protected]

082 777 0218

Praat met Ons