Wat is Ligendes?
By Doxa Deo Wonderboom noem ons díe wat die hoër ouderdomme betree “Ligendes”.
Hulle is nie oud nie, net ervare . . . Hulle kom elke Donderdag oggend om 10:00 hier by die kampus bymekaar in ’n selgroep formaat. Dit is hier waar hulle mekaar ondersteun, stig en inspireer vir die roeping en missie wat steeds op hulle lewe rus.
Daar is gereelde ekskursies en geleenthede saam met ander Doxa Deo gemeentes in ons stad. Hulle reik uit na aftree oorde en tehuise in ons omgewing. Indien jy in hierdie ouderdomsgroep val en dalk weet van iemand wat wil inskakel, kontak gerus die kantoor sodat ons jou in kontak kan sit met ons Ligendes leiers, Jan en Meisie Smal.
Grey hair is a crown of glory; it is gained in a righteous life.
Proverbs 16:31
Kontak Informasie
Reinhardt Smit
Selfoonnommer: 076 878 3326
Epos: [email protected]
Vir enige ander kommunikasie kontak: [email protected]