life centre
Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God.
GEBEDSONDERSTEUNING is daar as jy deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons gebedsondersteuners jou graag ondersteun. Vul asseblief ‘n “Praat Met Ons” kaartjie in en gee by info toonbank in. Ons sal jou spoedig kontak en die nodige ondersteuning bied om jou deur die moeilike tyd te help.
SOULCARE bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Soulcare is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.
HOPE is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak.
BERADING- ons bied ook ‘n netwerk van profesionele berading vir die wat dit nodig vind.